HESSEQUA NUUSFLITS - Op die oomblik word twee brande in die Blombosstreek deur Eden-brandweer beheer.
Op hierdie stadium is dit onduidelik of dit beheerde brande is wat buite beheer geraak het en of dit veldbrande is.
Hessequa brandweer is oppad vanaf ‘n beheerde brand in Stilbaai. Hulle bevestig dat Eden brandweer op toneel is by brand naby Blombos.
Volgens Susan Geldenhuys, munisipale woordvoerder is geen verdere inligting tans bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'