STILBAAI NUUS - Die brand wat Vrydagmiddag 28 Julie om ongeveer 14:00 op Kransfontein buite dié kusdorp uitgebreek het, is onder beheer en veilig verklaar.
Dit is Woensdagoggend 2 Augustus deur Chris Onrust (direkteur: Gemeenskapsdienste) aan Suid-Kaap Forum bevestig. Die situasie was Maandag 31 Julie nog met 47 personeellede van Hessequa Brandweer, Eden-distriksmunisipaliteit en Working on Fire (WoF) met drie tenkers en vier bakkies gemonitor, volgens Adneshel Voss (hoof: Beskermingsdienste).
Lugondersteuning was ook op bystand, ingeval dit nodig sou wees omdat die voorspelling was dat die wind erg sou waai.
Na beraming het ongeveer 3 000 hektaar tot op hede in die slag gebly. 'n Tydelike werkstasie was Saterdag by die Bistro langs die rivierpad ingerig, waarvandaan sake gemonitor en terugvoer ontvang was oor die vordering wat gemaak is, asook die beste plan van aksie om te keer dat die brand weer opvlam.
Geen strukture is beskadig nie en daar is ook geen lewensverlies nie. Dit is nie seker wat die brand veroorsaak het nie, maar die saak sal deur die polisie ondersoek word.
Lees vorige artikels hier:
• Stilbaai-brand nog nie veilig
• Opvolg: Brand op Kransfontein
• Brand woed voort
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'