HESSEQUA NUUS - Buiten die Jongensfonteindam wat steeds op 100% kapasiteit is, daal die Hessequa-streek se damvlakke steeds.
Die Korentepoortdam se vlak het met 2% gedaal en die Olive Grovedam in Stilbaai met 'n verdere 10%, wat 'n daling van 20% is vir dié dam oor die afgelope twee weke.
Die Duivenhoksdam se vlak bly redelik konstant met 'n daling van 1% vir die afgelope week.
Damme in die mosselbaai-streek se vlakke het gedaal behalwe die Ernest Robertsondam wat gestyg het van 94,85% tot 98,49%. Die stand van damme is soos volg:
14 Maart
Korentepoortdam – 80%
Duivenhoksdam – 75.3%
Olive Grovedam – 60%
Jongensfonteindam – 100%
Hartbeestkuildam - 6,70%
Klipheweldam - 18,27%
Ernest Robertsondam - 94.85%
Wolwedansdam - 88,27%
22 Maart
Korentepoortdam – 78%
Duivenhoksdam – 74.3%
Olive Grovedam – 50%
Jongensfonteindam – 100%
Hartbeestkuildam - 6,64%
Klipheweldam - 17,41%
Ernest Robertsondam - 98.49%
Wolwedansdam - 87,49%
Lees vorige artikel: Stand van damme in Hessequa
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'