HESSEQUA NUUS - Inwoners van die Hessequa-streek word gemaan om die water spaarsamig te gebruik.
Buiten die Jongensfonteindam se damvlak wat konstant bly, het die Korentepoortdam die afgelope week met 2%, die Duivenhoksdam met 1% en die Olive Grovedam met 10% gedaal.
Die Olive Grovedam in Stilbaai se damvlak het die afgelope twee weke met meer as 20% gedaal en staan tans op 50%.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'