SLANGRIVIER NUUS - Dit blyk dat dieselfde vandale vir die derde keer binne agt dae by Slangrivier Primêre skool groot skade aangerig het toe hulle weer by die skool ingebreek het.
Volgens 'n moedelose Jabe Hoogbaard, beheerliggaamvoorsitter, het die vandale die nag van Donderdag 26/27 Maart toegang tot die skool verkry.
'n Beloning van R250 word aangebied vir inligting wat tot die arresstasie en sukselvolle skuldigbevinding van die oortreders sal lei.
Niemand is nog vir die misdade in hegtenis geneem nie. Die polisie en beheerliggaam doen 'n dringende beroep op enigiemand wat inligting kan verskaf om hulle dadelik in kennis te stel.
Vorige artikel: Twee inbrake in vier dae
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'