JONGENSFONTEIN NUUSFLITS - Die wegholbrand wat Woensdag laatmiddag 19 April tussen Jongensfontein en Stilbaai ontstaan het, is vermoedelik deur ’n sigaretstompie veroorsaak.
Stormsterk winde het brandbestryders se taak bemoeilik en vrywilligers moes help om die vuur onder beheer te kry.
Charles Wade, streeks bestuurder van Southern Cape Fire Protection Association (SCFPA) het gesê: “Dit wil voorkom of dit ‘n sigaretstompie was wat die brand begin het. Die kooltjie het moontlik nie gevrek nie en met die sterk wind wat dit sou aanhits is daar ’n sterk vermoede dat dit die padreserwe aan die brand gesteek het. Die brand het vandaar versprei.”
Daar is bykans 10 ha vernietig en baie skilpaaie het doodgebrand.
Hy het bygevoeg dat die ligte reënbui wat later uitgesak het, sonder twyfel gehelp het om die brand te blus. Lede van die publiek het ingespring om te help.
Adjunkhoof van Hessequa-brandweer, Frikkie Muller het gesê: “Brandweerpersoneel was op toneel deur die loop van die aand om enige opvlammings te monitor. Die brand het ongeveer 16:00 ontstaan en is ongeveer 19:00 geblus en onder beheer gebring.”
Die gemeenskap het inespring om te help.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: Brand jaag inwoners op hol
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'