JONGENSFONTEIN NUUSFLITS - ‘n Wegholbrand wat Woensdag laatmiddag 19 April tussen Jongensfontein en Stilbaai ontstaan het, het amper handuit geruk met die geweldige sterk wind wat opgesteek het.
In ‘n stadium het dit voorgekom of Bosbokduin en die gebied rondom Drie Ankers ook gevaar staan om te brand, maar die wind het gelukkig nie gedraai nie.
Van die inwoners het Hessequa-beskermingsdienste ook bygestaan.
‘n Ligte reën het later begin uitsak, wat gehelp het om die brand eindelik te blus.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'