Update
STILBAAI NUUS - Die reuseveldbrand wat sedert Woensdagmiddag, 16 November, buite Stilbaai gewoed het, is uiteindelik op Vrydag 18 November geblus, maar het weer opgevlam en brand sedert Woensdag 23 November onverpoos.
Wat begin het as 'n beheerde brand op 'n plaas in die Spuithoek-omgewing, het ontaard in 'n tierende wegholbrand as gevolg van 'n sterk wind wat die middag begin waai het.
Woensdagnag het Jennifer Reinders, haar buurvrou Amanda, twee brandweermanne en twee lede van Working on Fire (WoF) onverpoos geswoeg om haar huis te beskerm.
Met Suid-Kaap Forum se besoek Donderdagoggend het hulle uiteindelik daarin geslaag om die brand etlike meters van haar huis af te blus.
FOTOGALERY: Groot vlamme buite beheer naby Stilbaai
Volgens Jennifer het twee van haar 5 000 liter watertenks gesmelt en van haar waterpype is ook vernietig. Haar vrugtebome so 'n entjie van die huis af is ook vernietig, maar sy sê dat dit net genade en gebed was wat haar huis gered het.
"Dit, tesame met die dapper pogings van my buurvrou, die brandweermanne en Working on Fire se brandslaners."
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'