Gallery Warning: Graphic content
RIVERSDAL NUUSFLITS - ’n Pitbull reun, Pitty wat ‘brandsiek’ of ‘Sarcoptic Mange’ opgedoen het, was in so 'n haglike toestand dat niemand gedink het hy gaan dit oorleef nie.
Sandra Lotz, voorsitter en stigter van Community Animal Rescue Society (CARS) het ingegryp.
Saam met Pitty was daar ‘n teef, Vena wat ook besmet was. Hoewel Vena in ’n beter toestand was moes sy ook behandel word.
‘Sarcoptic Mange’ is mikorskopiese klein ‘goggas’ wat binne in die vel van die dier inkruip. Dié ‘gogga’ lê eiers en vermeerder vir solank dit nie behandel word nie.
Die besmette dier jeuk onophoudelik wat ’n gekrap en byt afgee. Diere verloor hare en die vel word korsagtig. Dit blyk dan of die hond gebrand het en daarom word dit ook brandsiek genoem.
Die maklike manier sou wees dat die honde uitgesit moet word, maar die eienaar het onderneem om CARS te help deur ander honde eienaars in sy gemeenskap te leer hoe om beter na hul honde om te sien.
Vir meer inligting oor CARS skakel Sandra Lotz by 082 962 1831.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'