Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Dringende waarskuwing is deur Heidelberg-polisie aan eienaars van rondloperdiere gerig na 'n perd vroeg Vrydagoggend, 28 Mei op die Port Beaufort-pad deur 'n bus doodgery is.
Volgens 'n inwoner het die bus, wat op pad was om leerders op te laai, die perd getref toe dit glo in die donkerte die pad wou oorsteek.
Daar was gelukkig geen ander persone buiten die busbestuurder aan boord nie. Etlike duisende rande se skade is aangerig.
Die regmatige eienaar van die perd het 'n "stille dood" gesterf. Dié verantwoordelike persoon was teen Maandag, 31 Mei nog nie opgespoor nie.
Diere eienaars word gevra om te sorg dat hul diere behoorlik gekamp word. Volgens wyksraadslid, Gerald Boezak, is dit al geruime tyd 'n groot probleem in Slangrivier.
Die polisie doen 'n beroep op enigiemand wat die nodige inligting kan verskaf om met hulle kontak te maak (028 722 1910).
Die perd het nie die stamp oorleef nie.
Vorige artikel: Hou diere op kamp
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'