HEIDELBERG NUUS - ‘n Dringende waarskuwing is deur Heidelberg-polisie aan eienaars van rondlopende diere gerig na ‘n perd vroeg Vrydagoggend, 28 Mei op die Port Beaufort-pad deur ‘n bus doodgery is.
Die bus, wat op pad was om leerders op te laai, het die perd getref toe dit glo in die donkerte die pad wou oorsteek.
Die eienaar van die perd was teen Maandag 31 Mei nog nie opgespoor nie.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'