Update Video
RIVERSDAL NUUS - 'n Oud-Riversdaller, Maritza Hartnick is onlangs bekroon met die Professional Beauty GCC-toekenning vir terapeut van die jaar.
Hartnick, dogter van onder-burgemeester Johannes en wyle Elizabeth, is ook die beste in die Midde-Ooste in haar kategorie. Sy woon reeds die afgelope vyf jaar in Dubai.
Die GCC-toekennings vir professionele skoonheid is daarop gemik om individue en maatskappye te erken wat 'n verskil in die skoonheids-, spa- en haarbedryf in die Ooste maak.
Die Professional Beauty-toekennings het 25 jaar gelede in Londen ontstaan en word sedertdien as die mees gesogte prysuitdeling vir die skoonheids-, haar- en spa-industrie erken.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Oud-Riversdaller word vereer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'