Update
HESSEQUA NUUS - Die ma van die 16-maande oue dogtertjie, Bonita van Niekerk het bevestig dat haar kind terug by haar is.
Volgens Bonita het die oppasser, Reta Herder vroeër vanoggend net by haar huis opgedaag met haar kind.
Sy het die polisie laat weet en Herder is vir ondervraging na Heidelberg-polisiestasie geneem. Die dogtertjie is na die hospitaal vir 'n ondersoek.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
Vorige artikel: Oppasser en baba verdwyn
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'