HESSEQUA NUUS - Daar word dringend gesoek na Nadia Elretha Herder (30), alombekend as Reta en Millay van Niekerk (16 maande).
Volgens Bonita van Niekerk, ma van Millay, was Reta wat na Millay kyk terwyl sy werk, nog laas gistermiddag, 25 November, by Reta se tannie, Marianne Hartnick in Robinsingel, Joe Slovo Park.
Daar is heelnag na die twee deur die polisie, famile en vriende gesoek.
Teen 06:00 vanoggend was daar nog geen teken van Herder of die kind nie.
Van Niekerk kan by 071 801 9390 geskakel word indien enigeen weet waar hulle hul bevind.
Millay van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'