Update
HEIDELBERG NUUS - Die man (31) wat vanoggend in die ongeluk buite Heidelberg gesterf het, was vermoedelik die bestuurder van die Chevrolet motor.
Nog twee insittendes, 'n 34-jarige man van die Strand en 'n onbekende man is in Riversdal-hospitaal met veelvuldige beserings opgeneem.
Die onbekende man is in 'n bewustelose toestand. Volgens ao. Alroy Windvogel, mediawoordvoerder: Heidelberg-polisie, ken die beseerde man van die Strand nie die ander beseerde man nie.
Die saak word ondersoek.
Lees 'n vorige artikel: N2 eis 4de slagoffer
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'