HEIDELBERG NUUS - Die N2 het sy vierde slagoffer binne vyf dae geëis.
‘n Man, vermoedelik die bestuurder, is vroeg vanoggend op Kersdag noodlottig beseer nadat die motor die pad verlaat en verskeie kere gerol het.
Die ongeluk het sowat 20 km buite Heidelberg, by Karringmelksrivier, rigting Swellendam gebeur.
Die oorledene, wat glo op slag dood is en nog twee mans was blykbaar op pad Oos-Kaap toe vanaf die Strand.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'