Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Krokodil van 2,5m lank het op 12 Desember amok in die Gouritsrivier gemaak.
Die eienaars van die Lasarus wildsplaas naby Albertinia het tot hul ontsteltenis dié ongewone besoeker in 'n kuil op die plaas opgemerk.
Eienaar Nico Lerm sê hulle gesin sowel as gaste swem gereeld in die kuile. Ter wille van veiligheid moes Lerm tot sy spyt 'n permit om die dier vankant te maak, bekom.
Volgens Lerm het CapeNature DNA geneem om te probeer vasstel waar die krokodil vandaan gekom het, maar dit blyk die raaisel gaan nie maklik opgelos word nie.
Loren Pavitt (mediaskakeling CapeNature) het aan Suid-Kaap Forum gesê deskundige advies dui aan die dier is waarskynlik in gevangenskap geteel en DNA sal dus nie 'n definitiewe antwoord kan verskaf nie.
Lees 'n vorige artikel: Onverwagse besoeker in Gouritzrivier
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'