GOURITZMOND NUUS - ’n Krokodil van 2,4m lank het op 12 Desember die eienaars van die Lasarus wildsplaas naby Albertinia groot skrik op die lyf gejaag.
Eienaar Nico Lerm sê hulle swem gereeld in die kuile op die plaas en moes tot hul spyt ter wille van veiligheid ’n permit om die dier van kant te maak, bekom.
Volgens Lerm het CapeNature DNA geneem om te probeer vasstel waar die krokodil vandaan gekom het.
'Ons bring jou die nuutste Gouritzmond, Hessequa nuus'