Update
STILBAAI NUUS - Dis weer tyd vir hernuwing van lidmaatskap by Stilbaai Bewaringstrust.
Voorsitter dr. Deon Begemann nooi almal wat in die afgelope jaar lede was om die organisasie te kontak.
Volgens hom is tydens die algemene jaarvergadering in Desember besluit om die lidmaatskapstelsel te hersien. Die grondwet van die organisasie bepaal elke lid moet jaarliks 'n finansiële bydrae maak, maar die register is nie op datum gehou nie en ledegeld is dus nie ingesamel nie.
Begemann sê die bestuur is bewus van talle ouer ondersteuners wat jare gelede as lewenslange lede aangesluit het. Omdat daar op die oomblik 'n amptelik erkende lys bestaan nie, is daar ook geen rekord van sulke persone se name nie. Hy versoek enigiemand wat bewys van lewenslange lidmaatskap kan lewer om dit op die aansoekvorm aan te dui. Die bestuur sal verdere reëlings met sulke persone tref.
Volgens Begemann is een van die groot voordele van lidmaatskap die verteenwoordiging op omgewingsforums, waar die Trustlede in hul afwesigheid sal verteenwoordig tot voordeel van bewaring.
Begemann kan per e-pos by begemannd@gmail.com, of per telefoon by 082 440 7910 gekontak word.
Een van die Bewaringstrust se huidige projekte is die uitroei van indringerplante.
Lees 'n vorige artikel: Stilbaai bewaringstrust het jou nodig
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'