Update
SLANGRIVIER NUUS - Die Philander-gesin van Slangrivier is erg geskok na hul Saterdagoggend, 29 Augustus groot skade met 'n brand gely het.
Volgens die eienaar, Andrew Philander, was hy nie tuis nie toe die brand ongeveer 02:00 ontstaan het. Slegs sy vrou Petro en 18-jarige seun was tuis toe die seun wakker word en opmerk dat dit op verskeie plekke brand. “Hy het sy ma wakker gemaak, waarna hy oor die onderdeur en sy ma by die kamervenster uitgespring het om die vlamme te ontduik.”
Volgens Philander is hulle nie seker wie en wat verantwoodelik vir die brand is nie, maar dat hulle dit vreemd vind dat dit op sekere plekke in die huis plaasgevind het.
Hy doen ’n beroep op enigiemand wat hulle met hout en/of dakplate kan help.
Skade aan die kas en die inhoud kan duidelik gesien word. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'