SLANGRIVIER NUUS - Die Philander-gesin van Slangrivier is erg geskok na hul Saterdagoggend, 29 Augustus groot skade met 'n brand gely het.
Volgens die eienaar, Andrew Philander, was hy nie tuis nie toe die brand ongeveer 02:00 ontstaan het.
Slegs sy vrou Petro en 18-jarige seun was tuis toe die seun wakker word en opmerk dat dit op verskeie plekke brand, iets wat hulle baie vreemd vind.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Lees meer in Vrydag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'