Update
HESSEQUA NUUS - Drie veldbrande woed tans in die Hessequa-streek, waaronder Plattekloof by die Korenterivier, Stilbaai en Hectorskraal.
Die Garden Route distriksmunisipaliteit (GRDM), in samewerking met Working on Fire (WoF)-spanne, die Fire Protection Agency (FPA) en boere is besig om die brand in die Plattekloof-gebied, noordwes van Riversdal te beveg.
Hulle het ook voorkom dat die vlamme ‘n huis bereik.
Hessequa-munisipalteit se brandweer en verskeie inwoners en boere is besig by Hectorskraal en Stilbaai. GRDM brandweer sal bystand by die ander brande verleen sodra Plattekloof onder beheer gebring is.
Lugbystand kan nie verleen word nie as gevolg van die erge wind, wat na verwagting sal vererger.
Inligting: Garden Route distriksmunisipaliteit.
Vorige artikel: Veldbrand naby Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'