Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Motoris is in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank na hy met 'n bakkie agter in 'n motor vasgery het.
Die voorval het Woensdag, 21 April om ongeveer 07:10 op die Ladismith-pad, 5km voor Riversdal gebeur.
Rosina Muller, wat agter in die motor gesit het, het heelwat beserings opgedoen en is na Riversdal-hospitaal geneem.
Volgens Eldrige Muller was sy vrou drie dae in die hospitaal vir behandeling van haar rug-, nek- en beenbeserings.
Die aard van die bestuurder en voorste passasier se beserings, en of hulle wel beseer was, is nie bekend nie.
Die driestuks was vanaf die Garcia-plantasie waar hulle werksaam is, onderweg na Riversdal toe die persoon in hulle vasgery het. Sersant Christiaan Jansen, Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte het gesê dat 'n saak van roekeloos en nalatige bestuur ook geopen is.
Vorige artikel: Motoris in hegtenis vir dronkbestuur
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'