Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Duisende skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot 'n stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie.
Om dié rede het 'n groep motorfietsryers van Solidariteit Helpende Hand se Motorfietsklub by 'n padstal buite Heidelberg bymekaargekom om bewusmaking oor dié probleem te skep, asook om sanitêre ware vir die #HelpHetta-projek af te laai, vanwaar dit deur Helpende Hand na verskeie plaaslike skole en instelling versprei gaan word.
Deur middel van die projek word sanitêre benodighede en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan behoeftige meisies op 'n kwartaallikse basis geskenk.
Die projek het ten doel om meisies se waardigheid te beskerm en te verseker dat hulle elke dag skool, buitemuurse en sosiale aktiwiteite kan bywoon.
Corrie van der Westhuizen, president van die Wes-Kaap-klub het gesê hulle ondersteun graag Helpende Hand se nasionale projekte wat 'n verskil in die gemeenskap maak.
"Persoonlike higiëne is 'n platform vir die bemagtiging van meisies. Navorsing het getoon dat meisies wat nie sanitêre doekies het met tot 52 skooldae mis.
#HelpHetta help meisies om steeds skool by te woon en mis hulle nie op enige klasse uit nie."
Mense wat die projek wil ondersteun en skenkings wil maak, kan Van der Westhuizen (082 419 1770) skakel.
Kyk 'n video hieronder:
Die groep fietsryers, onder leiding van Corrie van der Westhuizen (derde van links) en Marlise Labuschagne (regs langs hom), was deel van die nagenoeg 40 fietsryers wat ruim geskenk het. Foto: Clive Pretorius
Vorige artikel: Motorfietsryers skenk ruim
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'