HEIDELBERG NUUS - Duisende skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot ’n stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie.
Om dié rede het ’n groep motorfietsryers van Solidariteit Helpende Hand se Motorfietsklub in die Wes-Kaap Saterdag die strate van Heidelberg in gevaar om bewusmaking oor dié probleem te skep, asook om sanitêre ware vir Helpende Hand se #HelpHetta-projek in te samel.
Mense wat #HelpHetta wil ondersteun en skenkings wil maak, kan Van der Westhuizen by 082 419 1770 bel.
Die groep fietsryers, onder leiding van Corrie van der Westhuizen (derde van links) en Marlise Labuschagne (regs langs hom), was deel van die nagenoeg 40 fietsryers wat ruim geskenk het. Foto: Clive Pretorius
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'