Gallery Update
HESSEQUA NUUS - Graad een is lank nie meer so vreesaanjaend soos in die verlede nie, maar tog is daar hier en daar iemand wat nie lus het om mamma se rokspant of pa se broekspyp te los nie.
Verskeie onderwysers het genoem dat leerders wat in 'n kleuterskool of gr. R was, nie sukkel om in graad 1 aan te pas nie. Meer ouers as kinders was bekommerd oor die eerste skooldag.
Skole in die streek het talle inskrywings ontvang en klaskamers is met vars potensiaal gepak.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles het verskeie skole in die streek besoek, waaronder, Melkhoutfontein Primêr, Oker Primêr op Albertinia en Voorwaarts Primêr op Riversdal.
By Voorwaarts het Riddles een van die meisies probeer troos en oortuig om 'n foto saam met klasmaats te neem. Sy wou niks weet nie en het net op haar arms bly lê en snik.
Lees 'n vorige artikel hier: Burgemeester terug skool toe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'