Update
RIVERSDAL NUUS - Riversdal-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag teen 'n vragmotor-bestuurder, na die dood van een persoon op die dorp.
Volgens kommunikasiebeampte, konstabel Venia Daries is Piet Masala van Mosselbaai Saterdagaand, 13 Junie doodgery.
"Die beskuldigde het omstreeks 20:30 verby die Shell-vulstasie langs die N2 gery, op pad na die stopteken by die restaurant op die hoek. Hy het persone gesien wat argumenteer en stadig aanhou ry."
Daries sê die bestuurder het skielik mense hoor skreeu hy moet stop en nadat hy stilgehou het, het hy die slagoffer in die pad sien lê.
Die ondersoek duur voort.
Vorige artikel: Vragmotorbestuurder aangekla
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'