Update
RIVERSDAL NUUS - Een persoon is dood en vyf persone ernstig beseer in 'n kop-teen-kop botsing Maandagoggend 24 Julie omstreeks 04:16 op die N2 naby Dekriet.
Thulani Sowazi (25), die bestuurder van die navy blou Toyota Tazz het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Volgens lt kol Delicia Isaacs (stasiebevelvoerder: Riversdal Polisie) beweer die bestuurder van die een voertuig dat hy deur ligte van aankomende verkeer verblind is, waarna hy met sy voertuig kop-teen-kop teen 'n aankomende voertuig gebots het.
Die beseerde passasiers, asook die bestuurder van 'n silwer Toyota RunX is onderskeidelik na George en Mosselbaai vir behandeling geneem.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Lees 'n vorige artikel hier: Ongeluk: 1 dood, 5 beseer
ARTIKEL & FOTO'S: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'