STILBAAI NUUSFLITS - Een persoon is dood en vyf persone ernstig beseer in 'n botsing vroeg vanoggend (Maandag 24 Julie) op die N2 naby Dekriet.
Thulani Sowazi (25), die bestuurder van 'n navy blou Toyota Tazz het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Volgens lt kol Delecia Isaacs beweer die bestuurder van die een voertuig dat hy deur ligte van aankomende verkeer verblind is, waarna hy met sy voertuig kop-teen-kop teen 'n aankomende voertuig gebots het.
Die beseerde passasiers, asook die bestuurder van 'n silwer Toyota RunX is onderskeidelik na George en Mosselbaai vir behandeling geneem.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.