Update
STILBAAI NUUS - Die Preekstoel-karavaanpark op Stilbaai se dae van isolasie is getel.
Slegs 'n maand na die fasiliteit op 1 Februarie as 'n Covid-19-isolasiesentrum in gebruik geneem is, het die Wes-Kaapse departement van gesondheid besluit te min mense word onder isolasie of kwarantyn geplaas om die kostes aan die huur van die perseel verbonde, te regverdig.
Die departement sal op 1 Maart onttrek.
Met drie verpleegpersoneel op die perseel is slegs vyf mense in van die 28 wooneenhede wat vir isolasie ingerig is, gehuisves.
"Die behoefte blyk dus nie baie groot te wees nie. Ons mag moontlik hierdie besluit in heroorweging neem sou ons 'n derde golf ervaar," het Nadia Ferreira, senior woordvoerder vir die departement gesê.
Hessequa-munisipaliteit het kennis gegee dat die karavaanpark weer beskikbaar sal wees vir toeriste om staanplekke en wooneenhede te huur.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'