Update
HEIDELBERG NUUS - Inbrake op Slangrivier en Heidelberg is steeds aan die orde van die dag - of nag.
Op Slangrivier is by 'n winkel ingebreek waar die diewe kruideniersware ter waarde van R2 000 gebuit het. Skade is aan die deur aangerig om toegang te verkry.
Op Heidelberg is 'n sakevrou Vrydagoggend, 17 Julie 'n groot kontantbedrag, asook haar leerbeursie kwyt na iemand dit uit haar huis verwyder het.
Sy was vir 'n paar minute agter die huis besig, waarna sy met haar terugkoms in die huis opgemerk het dat haar beursie en die kontant weg is.
Volgens die slagoffer is haar bestuurslisensie, identiteitsdokument, vuurwapenlisensie en al haar bankkaarte in die diefstal gebuit.
Enigiemand met inligting wat tot die suksesvolle arrestasie en vervolging van die diewe kan lei, kan speursersant Donmary Roberts (079 894 1612) skakel.
In nog 'n voorval op Heidelberg is daar by 'n onvoltooide huis twee aluminium skuifdeure uit die raam verwyder. Dié voorval het blykbaar gedurende die nag van 16/17 Julie in Haigstraat gebeur. Volgens Magdalene Hendricks het die diewe glo weer die volgende nag vir die raam teruggekeer, maar hulle het dit na die diefstal uitgehaal en in 'n kamer gestoor. Hulle het nie 'n saak aanhangig gemaak nie.
Vorige artikel: Inbrake steeds 'n kopseer
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'