HESSEQUA NUUS - Inbrake op Slangrivier en Heidelberg is steeds aan die orde van die dag - of nag.
Op Slangrivier is by ’n winkel ingebreek waar die diewe kruideniersware ter waarde van R2 000 gebuit het. Skade is aan die deur aangerig om toegang te verkry.
Op Heidelberg is ’n sakevrou Vrydagoggend, 17 Julie 'n groot bedrag kontant, asook haar leerbeursie kwyt na iemand dit uit haar huis verwyder het.
Enigiemand met inligting wat tot die suksesvolle arrestasie en vervolging van die diewe kan lei, kan speursersant Donmary Roberts (079 894 1612) skakel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'