Update
HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-ambulanssentrum het groot skade vrygespring toe hulle 'n poging tot diefstal gefnuik het.
Die personeel was besig om skofte te ruil en toe 'n personeellid, JB Hoogbaard na die toilet gaan, hy het 'n rekenaar, televisie en ander elektroniese toerusting daar gevind.
"Ek was geskok om die toerusting daar te vind, gereed om weg karwei te word."
Volgens Hoogbaard moes die dief of diewe toegang by die deur gekry het, omdat die groot elektroniese hek nie dadelik toemaak wanneer iemand in- of uitgaan nie. "Hulle het ook die deur se sleutel gesteel, seker om later weer terug te kom."
Die items was in die toilette versteek om later te kom haal. Foto's: Clive Pretorius
Vorige artikel: Inbraak word gefnuik
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'