SLANGRIVIER NUUS - Maria September, meer bekend as Max, is ‘n enkel ma van drie kinders wat vir die afgelope sewe jaar gesukkel het om haar as lewend verklaar te kry.
Suid-Kaap Forum het maande gelede berig dat Max sedert 2012 verkeerdelik as gestorwene geklassifiseer is nadat haar ma, wyle Maria September in 2012 gesterf het. Beide dogter en ma het dieselfde voorname en van gehad.
Sy het haar identiteitsdokument Woensdag, 24 November tydens die Jamboree in die Slangrivier-gemeenskapsaal ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'