Update
ALBERTINIA NUUS - Die hondjie wat Vrydag, 17 Desember naby die Albertinia-kleinboere weggeraak het, is opgespoor.
Die beloning van R500 is deur mnr Hennie Maree namens die eienaar, Anja Venter aan Hester oorhandig wat die hondjie gister by Driefonteine gekry het.
Hy het die aand by hulle op die bed deurgebring en Hester het vanoggend vir CARS in kennis gestel.
Vorige artikel: Beloning vir verlore hondjie
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'