Gallery
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Twee rondloper honde het nege skape van 'n kleinboer verskeur.
Dit het volgens inligting van die skutmeester, Herman Conradie vermoedelik Maandagaand 17 Julie gebeur. Van die skape het nog lammetjies en die verlies beloop duisende rand.
Die twee honde, waarvan een moontlik 'n pittbul is, is Dinsdagmiddag 18 Julie geskut.
Dieselfde kleinboer het verlede jaar 15 skape op dié manier verloor.
Inwoners word gemaan om toe te sien dat hul honde nie rondloop nie.
Indien iemand die honde herken of weet aan wie hul behoort kan Hessequa Munisipaliteit geskakel word by 028 713 8000.
Klik hier vir 'n vorige artikel.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein nuus'