Update
RIVERSDAL NUUS - Community Animal Rescue Society (C.A.R.S) het Saterdag 10 Maart honde buite Riverville in 'n teenmiddel vir bosluise gedip.
Die voorsitter, Sandra Lotz, het gesê: "Dit is belangrik dat eienaars hul honde bring om gedip te word. Dit beskerm honde teen bosluise en help dat hulle nie bosluiskoors kry nie."
Die wat hul honde gebring het hoef slegs 'n donasie te gee omdat C.A.R.S. 'n nie winsgewende organisasie is. Dié donasies word weer gebruik waar nodig.
Baie kinders het met een hond na die ander opgedaag en partymaal 'n handjie bygesit.
"Die belangrikste van so dag is om die mense ook op te voed. Ons herinner hulle daaraan dat jy nie in die Hessequa-streek mag teel nie.
"Meeste van die mense dra hulle honde verkeerd en ons verduidelik aan hulle waarom 'n hond nie aan sy bene rondgedra moet word nie."
C.A.R.S. gebruik hulle eie toerusting en is volkome afhanklik van donasies.
Baie van die honde was in 'n goeie kondisie, maar van hulle was ondervoed en een het brandsiek gehad.
Van die lede van C.A.R.S. en vrywilligers vat 'n kort breuk tydens die dipdag. Voor is: Sandra Lotz. Agter: Erma Franz, Thinus Lotz, Jaap Kruger en Brian Learmonth. Foto: San-Marié Cronjé
Elke eienaar wat sy of haar hond gebring het, het 'n pakkie hondekos ontvang. Lotz het genoem dat hulle met 'n uitreik soos dié, vrywilligers nodig het om te help.
Indien jy 'n bydrae wil lewer of 'n donasie kan gee skakel Sandra Lotz by 082 962 1831.
Samneuto Voster (12) het twee hondjies gebring om gedip te word.
Lees 'n vorige berig en kyk 'n video: C.A.R.S. hou dipdag vir honde
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'