Update
RIVERSDAL NUUS - Tolpaaie is niks nuuts nie! Met die opening van die Garciapas is die eerste tolhuis ook gebou. Jimmy Luyt, die eerste tolwagter, sy vrou en dogter en haar twee kinders het begin om geld vir die instandhouding van die pas in te samel.
Die prosedure by die tolhek was soos volg: Daar word uitgespan en die diere word koudgelei en water gegee terwyl die mense koffie kon geniet.
'n Suinige ou man, wie se kinders op sy wa was, het net daar sy donkievullens ook op die wa gelaai en die kinders moes hulle vashou. Hoekom? Want anders sou hy vir elke vul ook moes betaal.
Die prys per wa was 'n sjieling, plus een pennie vir elke os. Vir 'n perd en tweewielrytuig was dit een pennie elk, terwyl 'n ruiter en sy perd drie pennies moes betaal. Reisigers wat te voet deur die pas is, het niks betaal nie.
Die eerste persoon wat met 'n motor deur die tolhek gery het, was dr. JW de Vos, wat tussen 1896 en 1917 op Riversdal 'n dokter was. Wielbelasting is na die koms van die motor ingestel. Die tolhek het omstreeks 1918 ophou funksioneer. Dit is in 1967 tot 'n nasionale monument verklaar.
Die pad het destyds aan die bokant van die Tolhuis verbygeloop. Vandag is dit voorlangs aan die suidekant.
•Inligting en fotos uit die Julius Gordon Africana Sentrum/Versfeld-Huis
Lees 'n vorige artikel hier: Tolpaaie is niks nuuts nie
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'