RIVERSDAL NUUS - Met die opening van die Garcia-pas is die eerste tolhuis ook gebou.
Jimmy Luyt, die eerste tolwagter, sy vrou en dogter en haar twee kinders het begin om geld vir die instandhouding van die pas in te samel.
Die prosedure by die tolhek was soos volg: Daar word uitgespan en die diere word koud gelei en water gegee terwyl die mense koffie kan geniet.
Die prys per wa was ’n sjieling, plus een pennie vir elke os. Reisigers wat te voet deur die pas is, het niks betaal nie.
Wielbelasting is na die koms van die motor ingestel.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'