Update
HESSEQUA NUUS - Blou vlae wapper trots op al die strande in die Hessequa munisipale gebied.
Die munisipaliteit het onlangs geskiedenis gemaak deur die eerste ontvangers in die bestaan van blouvlagprogram te word wat dié onderskeiding vir al die strande binne die munisipale grense te beurt val.
Tydens die seremonie op Lappiesbaai, wat op Donderdag 28 November plaasgevind het, het André Hansen (bestuurder: Vaste afval, openbare geriewe en fasiliteite) die kategorieë waarin beoordeel word uiteengesit en benadruk dat deelnemende strande aan uiters streng toetse onderwerp word. Suid-Afrika neem al vir 19 jaar deel aan die program. Vir die 2019/20-seisoen het 45 strande, 10 bote en nege marinas vol status ontvang. Die Wes-Kaap spog met 33 van die 45 strande.
Die blouvlagseisoen strek vanaf 6 Desember 2019 tot 14 Januarie 2020.
Lees 'n vorige artikel hier: Hessequa-strande gereed vir vakansie
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'