Update
STILBAAI NUUS - Drie trofeë, 'n handvol sertifikate en medaljes was dansers van Anwyn's Acro Dance Academy se beloning na hulle puik presteer het tydens 'n kompetisie van die Integrated Artistic Acrobatic Association of South Africa.
Die kompetisie het in Rustenburg vanaf 4 tot 6 Oktober plaasgevind.
“Akrobatiese dans kombineer klassieke danstegnieke met presisie akrobatiese elemente,” verduidelik hul afrigter, Anwyn Winterbach.
Volgens haar het die dansers sukses behaal as gevolg van baie harde werk, uithouvermoë en lojaliteit. Sy het ook baie lof en waardering vir die dansers se ma’s wat ook die groepie vergesel het en met alles en nog wat gehelp het; Obie Cronjé, Anette Matthee en Chantell Erasmus.
Die trofeë was onderskeidelik vir die beginner onder 16-groep, beginner ope-groep en ook een vir afdeling 75 kwartet beste gekoriografeerde dans.
Uitslae
- Marli Matthee het 'n eerste plek behaal met 86.2% in die solo's;
- Bianca Swart behaal 'n eerste plek in die solo's met 84.47%;
- Ruchelle Erasmus verower 'n eerste plek in die solo's met 87.17%;
- Danél Beukes verower 'n tweede plek met 81.83%;
- Die DLD-trio behaal 'n eerste plek met 84.5%.
Winterbach het 'n passie vir dans en het al afgerig en eksamineer in Nieu Seeland. Sy het akrobatiese dans ook aan hulle bekend gestel.
VORIGE ARTIKEL: Jong dansers dans trofees los
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'