ALBERTINIA NUUS - Die sterk stormwinde verlede week, 30 Junie het ook nie inwoners, besighede en skole op Albertinia gespaar nie.
Groot skade is onder andere by Oker Primêre Skool, Protea-kleuterskool, die Tabernakel en besighede aangerig.
Die dakplate en planke van 'n jong getroude paartjie se Wendy-huis het op die kleuterskool se dak beland en heelwat skade aangerig.
In die dorp het kragdrade teen mekaar gewaai en moes dadelik herstel word. Inwoners, veral op plase in die distrik was lank sonder elektrisiteit, WiFi en internet.
Van die inwoners het aan een van Suid-Kaap Forum se korrespondente in dié dorp, Heinrich Fortuin vertel dat hulle bevrees was dat hulle dakke gaan afwaai, so erg was die wind.
Oker Primêre Skool se dak het ook groot skade opgedoen.
Die Wendy-huis het letterlik omgewaai. Hier is die inwoners besig om dit weer op te slaan.
Die Tabernakel se mure word herstel na dit omgewaai het.
Claudia Terblanche wys waar die dak beland het wat afgewaai het.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'