Update
RIVERSDAL NUUS - Om senior burgers besig te hou, is nie 'n maklike taak nie. Daarvan kan Retha Benadé, sosiale koördineerder by DROOM getuig.
Maar dié werkie verrig sy met liefde. Projekte is aan die orde van die dag en om daardie rede kom die inwoners van tehuise Ou Meule en Jan Lange op Riversdal gereeld bymekaar. Dan klap die brei- en hekelpenne, prentjies word geteken en geverf, krale word ingeryg en mooi prente word uit tydskrifte geknip.
Hiervoor benodig DROOM baie items, want baie van die inwoners kan dit nie bekostig nie en hulle kan nie alles voorsien nie.
Die Covid-19-pandemie het ook tehuise geraak en is verliese groot. Die lysie is lank, maar al het jy slegs een van onderstaande items, sal dit hoog op prys gestel word.
Items benodig
Albasters, ballonne, blinkertjies, boeke, boor, Bostik, bottels (leë), boute, kleefplastiek, kouki pen, decoupage, dennebolle, draadhangers, figuursaag, foelie, garingtolle, gereedskap (wat nie gebruik word nie), glasbakkies, gom, gomgeweer (glue gun) en stokkies, houtplankies, juwele, kant, karton, kleefband, knope, koekdrukkertjies, koekpanne, koerante, koffiebekers (wit), koorde, krale, krammetjies, kunsverf, kwaste, lint, oorringe, mansjetknope, materiaal, materiaalverf, mathake, matgaas, moere, mooi servette, papier, perkamentpapier, plakkers, potlode, sade, saknaalde, skêre, skroewe, skulpe, spuitverf, stensils, tydskrifte, toiletrolletjies, tou, verf, vetkryt, wol, waspapier, wasgoedpennetjies, ensomeer.
Vir meer inligting of navrae, kontak Benadé by 028 713 2526.
Vorige artikel: Skenk vir DROOM
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'