Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Voorbereiding om die amptelike bouwerk aan die Hessequa Youth Café te begin, het op Maandag, 18 Januarie 'n aanvang geneem.
Kontrakteurs is besig om die terrein by die Thusong-sentrum op Riversdal in orde te kry voor die fondasie gegrawe word.
Uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het Donderdag, 19 November die Youth Café se sooispit waargeneem. Hy het gesê verskeie programme om die jeug te bemagtig sal by die sentrum van stapel gestuur word. "Soortgelyke programme sal ook vanaf die sentrum in die verskillende dorpe binne die Hessequa munisipale gebied aangebied word."
Bouwerk sal nagenoeg vier maande duur, met die inrig van die sentrum ingesluit.
Die sentrum sal ten doel hê om programme aan te bied waar 'n platform vir jeugdiges geskep sal word om toegang tot vaardighede te verkry en opleiding vir persoonlike, ekonomiese en sosiale ontwikkeling.
Die Youth Café sal ook 'n koffiewinkel insluit waar jongmense gesellig kan verkeer.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikels:
- Bouwerk aan Youth Café op dreef
- Bemagtiging wink vir Hessequa-jeug
- Youth Café 'n realiteit vir Hessequa
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'