HESSEQUA NUUS - Alle planne is in plek en die sooispit is gedoen in die aanloop na die oprigting van ‘n Youth Café vir Hessequa.
Die gebou sal by die Thusong Sentrum opgerig word, vanwaar mense tussen 14- en 25-jaar oud bemagtig sal word in verskeie programme om werkskepping te bevorder.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles het Donderdag, 19 November die sooispit waargeneem waar die sentrum opgerig sal word.
Bouwerk aan die gebou sal na verwagting reeds binne die volgende twee weke begin.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'