RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Blues het Saterdag 3 Oktober behoorlik gewys wie die baas van die dorp se rugbyveld is toe hulle hul plaaslike teenstanders, Riversdal Dorp, in al drie wedstryde van die Bragging Rights-toernooi geklop het.
Die twee plaaslike rugbyklubs het sake op die Stegveld en Riversdal Dorp se sportveld uitgespook, met die Blues wat uiteindelik met al die spogregte weggestap het.
Die Blues se C-span het die bal aan die rol gesit met ’n oorwinning van 29 - 12, terwyl die B-span geen genade betoon het nie en Dorp met 30 - 0 kafgedraf het.
In die hoofwedstryd het die Blues se A-span die kroon op ’n suksesvolle dag geplaas deur Dorp met 29 - 19 te klop.
Met drie oorwinnings uit drie wedstryde het die Blues geen twyfel gelaat oor wie vanjaar met die spogregte in Riversdal kan spog nie.
Vir Dorp sal die volgende kragmeting ’n geleentheid wees om die bordjies te verhang en die spogregte terug te wen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’