Update
RIVERSDAL NUUS - Drie grafiese kunsontwerpe in die Inheems-tienerkunskompetisie het die beoordelaars baie beïndruk.
Die drie wenners is almal 14 jaar oud.
Monica Ferrer se digitale interpretasie van die protea, Reine du Plessis se ontwerp met ’n treffende waterplas waarop sy haar koninklike protea plaas en Jadewin Heradien se plakkaat van die omgewing was treffend.
Die beoordelaars was die kunstejoernalis Christiaan J de Swardt en die kunstenaars Marilise Lombard, Marisa de Lange, Janet Muller en Essie Fourie.
Altesaam 150 inskrywings deur hoërskoolleerders van13 tot 19 jaar is in die vier afdelings - grafiese kuns, fotografie, skilder en teken - op 25 Oktober by die burgersentrum in Riversdal uitgestal.
Daar was prysgeld van R9 000 op die spel.
Dié projek is aangebied deur die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (GCBR), Hessequa-kunsroete en Hessequa-biblioteke.
Reine du Plessis van Riversdal wen die tweede prys van R500 vir haar treffende ontwerp in die grafiese kuns-kategorie.
Jadewin Heradien van Riversdal se grafiese blik op Hessequa besorg hom die derde prys van R300.
Christiaan de Swardt, die beoordeling-koördineerder, voltooi die administrasie.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’