Update
HESSEQUA NUUS - Ja, dit is Oktober: die mooiste, mooiste maand, soos deur die digter C Louis Leipoldt besing.
Viooltjies, jasmyn en katjiepiering pronk uitbundig en kleurryk op die veld, huppel spontaan onder helder sonskyn, sing in die lig van seënende wit wolke, spog verfrissend op die stoep en in die voorhuis en kuier in gesellige samesyn - dag en nag.
Die geur van sering, roos, lemoen en appelkoos verfraai die natuur.
En ai, alles is orals tog so mooi.
En, met geesdriftige kinderlaggies, self nóg mooier as die mooiste mooi.
Die feesgangers het Elme Saluva, gr. 7-leerder van Hoërskool Heidelberg se kunswerk as hul gunsteling by die kinderkunsuitstalling aangewys.
Honderde kinders van die streek het vanjaar 'n sonderlinge bydrae aan en stemming tot vanjaar se Hessequa Harmonie-kunstefees besorg en met hul kunstalent gespog.
Feesgangers kon hul gunsteling-kinderskunsskildery aanwys uit die sowat 190 werke wat by die biblioteek in die dorp ten toon gestel is.
Hul keuse was 'n werk deur Elme Saluva, 'n gr. 7-leerder van Hoërskool Heidelberg.
Die feesgangers kon ook in aanmerking kom vir 'n mosaïekspieël.
Hulle is die kunstenaars van die toekoms.
Naidine Swart het die mosaïekspieël deur die kunstenaar Louis Kluyts gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’