RIVERSDAL NUUS & VIDEO - Die NG Kerk Moedergemeente in Kerkstraat was vandag stampvol met familie, inwoners, vriende en selfs vreemdelinge wat die gedenkdiens van Stefan Marais bygewoon het.
Stefan, 16-jarige leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, het Saterdag 20 Januarie vermoedelik in die Goukourivier op Stilbaai verdrink.
‘n Baie groot groep, indien nie al die leerders van die landbouskool nie, asook onderwysers het per bus opgedaag.
Daar was selfs ‘n groot groep van Hoërskool Langenhoven se leerders en onderwysers.
Al die personeel van die Handelshuis, wat onder andere skoolklere en –toerusting verkoop, was ook teenwoordig en het die eienaar, Johan Crous die winkel vir die duur van die diens gesluit.
Kyk 'n video hieronder.
Die Oakdale-leerders daag op vir die gedenkdiens.
Inwoners lees die berig oor Stefan in die koerant voor die kerk.
Die kerk was stampvol.
Lees die nuutste hier: Stefan Marais: Oorsaak van dood bekend
Lees vorige artikels:
- Die Engele huil saam
- Outopsie op jong leerder Dinsdag
- Lewelose liggaam van seun gevind
- Vermiste seun nog nie opgespoor nie
- Stefan Marais is nog nie gevind nie
- Vermiste seun nog nie gevind
- Opvolg: Vermiste seun
- Stilbaai: Seun vermis
ARTIKEL & VIDEO: WILMA ADAMSON
FOTO'S: SAN-MARIé CRONJE
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'