Gallery Video
KWANOKUTHULA NUUSFLITS EN VIDEO - Nog ’n brand het weer verwoesting in die informele nedersetting, Enkanini op Saterdag 21 April gesaai.
’n Rustige Saterdagaand het vinnig verander nadat daar weereens ’n brand, die keer in ’n ander deel van dié nedersetting uitgebreek het.
Dit is slegs ’n paar meter van waar bykans 25 strukture ’n vorige keer afgebrand het. Mense met slegs hul nagklere aan hul lywe, het verward in die stik donker rond gestaan.
Meubelstukke, yskaste en ander besittings was oral te sien.
Hitte en rook van die vuur was oorweldigend. Brandweermanne moes in die donker spook om die vuur te blus.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in hierdie week se uitgawe van Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: Brandweer op toneel in Enkanini
'Ons bring jou die nuutste Kwanokuthula, Hessequa nuus'